Visie

Om Jesus se liefde elke dag deur begrip en fyn aanvoeling in en deur elkeen van ons uit te leef.

 

Misie

  • Gered deur die bloed van Jesus
  • Saam met Hom begrawe, nuut opgestaan deur die water van die doop.
  • Bemagtig met die vuur van die Heilige Gees
  • Unieke, spontaan, spesifiek soos God jou lei, kerk waar jy is.
  • Versterk, toegerus saam in aanbidding dissipels van Jesus
  • Altyd soekend in gebed en gemeenskap na sy perfekte wil. Sodat ons ‘n duisend skakerings van liefde kan wees.

 

Handelinge Oggend:

Ons het Sondae oggende 08:00, voor ons diens, bid tyd ("preprayer") en 09:00 is ons Afrikaans diens. Tydens hierdie diens het Handelinge se kinders ook ‘n tydjie saam met Jesus, waar hulle meer van Hom leer. Enige iemand is meer as welkom om saam met Handelinge, God se liefde en Woord te ontvang. Kom wees deel van ‘n vars nuwe salwing en ‘n wonderlike gemeenskap.

 

Handelinge Aand:

Op Sondae aande 17:00 het ons weer "preprayer" en om 18:00 begin die Engelse diens. Hierdie diens word juis in Engels gehou om die gemeenskap ook deel te maak van God se Koningkryk, want in die Skrif word elkeen opdrag gegee om die Woord te gaan verkondig vir ALLE nasies.Vriendskappe word hier gevorm en, die heel belangrikste van alles is, harte word gewen vir Jesus se Koningkryk. Ons hou reg deur die jaar aanddiens en almal is hier ook meer as welkom.

 
Selgroepe:

In Hand 2:46 lees ons dat gelowiges van huis tot huis bymekaar gekom het in kleiner groepe. Jesus het self gesê waar 2 of meer in My naam bymekaar kom, daar is Ek. Daarom is dit belangrik om deel te vorm van 'n selgroep waar jy gemaklik by is, sodat die liggaam van Christus as een kan funksioneer en almal na mekaar kan kyk om seker te maak daar word liefde gesaai en dat daar Geestelike groei plaasvind. En indien jy deur 'n moeilike tyd in jou lewe gaan is jou selgroep familie daar om jou op te help deur die tyd van nood of hartseer. Sonder 'n selgroep familie is dit moeilik om alleen deur situasie te gaan.

Indien jy deel wil wees van 'n selgroep of God roep jou om jou eie selgroep familie te begin, vul asb die vorm in op ons tuisblad, onder selgroeppe. Ons sien uit om jou deel te hê van hierdie gemeenskap.