Handelinge Jeug is prop vol pret.

Vir kinders, 5-11 jaar, het ons die volgende:

Sondae klassie 09:00, waar hulle meer van Jesus en die Bybel leer.

Ons het 2 keer ‘n jaar vir hulle 'n oorslaap wat by die kerk plaasvind. Hierdie aand is vol liefde, speelietjies en hope maats.

Ons Jeug is baie belangrik in Handelinge en elkeen het ‘n plekkie waar hy/sy kan “belong”.

Ons het ook vir hulle ‘n paar dinge gedurende die jaar:

  • Selgroep: Daar is verskeie selgroepe waarby hulle kan betrokke raak en waar hulle veilig voel om hul hart te deel.
  • Aanddiens: Sondae 18:00. Handelinge het sy eie Jeug “band” wat ons op ‘n unieke manier laat “worship”. Kom check dit uit.
  • Daar is 'n Revival konfirensie waar die Heilige Gees kragtig beweeg.
  • Ons het verskeie uitreike wat plaasvind saam met ons 20's groep.
  • Deur die jaar het ons ook verskeie dinge wat plaas vind om almal bymekaar te kry. So hou ons social media dop.

Dan natuurlik is daar ons 20’s. Ja julle het ook natuurlik ‘n plek in Handelinge. Hier is ook ‘n paar dinge vir hulle deur die jaar:

  • Kamp: Ons het ‘n lekker naweek waar almal weer connect met die Heilige Gees maar ook waar ons uitreik na buite om siele vir God se Koningkryk te wen.
  • Deur die jaar het ons ook verskeie gebeure wat plaas vind. Dit is sommer net om vriendskappe op te bou.
  • Die Infinity Revival konfirensie is ook vir ons 20's en almal wat soekend is na n ontmoetting met sy Skepper.
  • Selgroep: Ons het verskeie selgroepe. Hier reik ons nie net uit na mekaar nie maar ons gaan uit na die gemeenskap daar buite. Kom wees gerus deel.

Vir meer inligting oor al hierdie goed, gaan besoek gerus die res van die webwerf of hou die volgende plekke dop:

Facebook: Handelinge “like”

Twitter: @handelingekerk “follow”

Instagram: @handelingekerk “follow”

Youtube: Handelinge