|
Om lief te hê en om lief gehê te word. Jy word daarvoor gebore, ons word daarvoor gebore.
Handelinge Gemeenskap is ek en jy, ons almal saam, en dit moet ontplof in 'n duisende skakerings van liefde. Kragtige profetiese woorde van Jesus in Joh 13:34 "Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is."
Handelinge Gemeente 2000 jaar gelede, deur die krag van die Heilige Gees, het dit gedoen, en in die eerste 300 jaar het die kerk meer gegroei as al die jare daarna.
God roep ons om weer te herontdek. 'n Nuwe ou pad, met nuwe, ou padtekens van geloof en hoop, van gemeenskap, van familie, harmonie en vrede, van drome, van lewende water, van waarheid deur die Gees, van redding en vergifnis, van kuier en vriendskap. Van saam lag en saam huil, van saam bid en saam soek. Ja, van liefde in 'n duisend skakerings!
Die wonderlike hiervan is dat elkeen van ons op sy unieke manier moet begin lief hê. Daar waar jy is, daar waar jy leef. Dit is nie nodig om met allerhande reels en regulasies in 'n program betrokke te raak nie, of om 'n eretitel te hê nie. He net lief waar jy is. Begin mede boeties en sussies liefhe en wanneer ons Sondae saamkom, bring ons al hierdie 1000de stukkies bymekaar en ons het God saam lief.
Dan sal dit gebeur dat Handelinge Gemeenskap 'n plek sal wees waar elke mens, enige mens, sy plekkie in liefde vind en saamgebind sal word, en sy liefde die skakerings van liefde hier 'n duisend en een sal maak en nog vele meer.
Laat 2011 'n tyd van volmaaklikheid wees - 'n tyd om te strewe na volmaakte liefde, 'n tyd om vas te lê en te voltooi wat God in jou lewe begin het! Liefde Liefde Liefde Handelinge Gemeenskap |